top of page

LOUW'KIE & VANESSA

Ons Tydlyn

ONTMOETING:

Ons het in 2011 ontmoet. Ek was ‘n onderwysstudent in my eerstejaar op Potch Universiteit en hy was reeds ‘n werkende man wat saam sy pa gewerk het in die familie besigheid. Natuurlik love-at-first-sight vir my, maar nie vir hom nie – haha! Hy het my vir so 2 weke geignoreer voordat ons dit offisieel afgehak het en saam begin kuier het.

5 April 2011 – die begin van ons avontuur saam. Hy het my gevra om sy meisie te wees en ek het natuurlik ja gesê =)

VERLOWING:

Uiteindelik 5 jaar later vra Louw’kie die GROOT vraag en ek antwoord JA.

7 September 2016 22:50 @ Monte Casino op ‘n Donderdagaand.

Dit was ‘n lang en vreemde aand gewees. Hy het my probeer oortuig dat ek saam met hom Monte Casino toe moet gaan vir ‘n werksfunksie – hy moet instaan vir sy baas wat nie daar kan wees nie. 21:30 die aand is ek en hy oppad Monte toe na die “werksfunksie” toe. Daar gekom, vat hy my na die fontein toe buite aan die restaurante en eetplekke se kant en voor ek weet wat aangaan is hy af op een knieg en vra hy my om sy vrou te wees met die mooiste woorde. Die mees kosbaarste oomblik! My antwoord is natuurlik ja – nadat ek eers moes seker maar dis waar. Ek kon dit nie glo nie. My woorde was nog “mok jy my nou?” – dit was net so onwerklik. Hy het nie ‘n ring gehad daardie aand nie en het my gevra met ‘n sleutelhouer se ringetjie (key ring) Baie random! Ek en hy het toe Vrydagmiddag saam my ring gaan kies.

Februarie 2011

Ontmoeting

Maart 2011

Eerste Soen

5 April 2011

Uitgevra

7 September 2016

Verloof

1 Februarie 2016

Saam ingetrek

7 April 2018

Groot Dag

“The most wonderful thing I decided to do was to share my life & heart with you!”

“Liefde bedek alles, glo alles, hoop alles en verdra alles” – 1 Kor 13:7

bottom of page